Danziger Goldwasser

Danziger Goldwasser wat deur die fabriek „Der Lachs“ gedistilleer is

Danziger Goldwasser (Duits, letterlik "Goudwater uit Danzig") is 'n kruielikeur wat oorspronklik deur die likeurfabriek Der Lachs zu Danzig vervaardig is en bekend staan vir die stukkies bladgoud wat by die drank gevoeg word. Die fabriek Der Lachs is in 1598 deur die Nederlandse immigrant Ambrosius Vermollen gestig.

Terwyl Danziger Goldwasser nog steeds in die huidige Poolse stad Gdansk gekoop kan word, word dit sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog nie meer plaaslik gedistilleer nie. Die oorspronklike handelsmerk Der Lachs word tans deur die Duitse aandelemaatskappy Hardenberg-Wilthen AG in Nörten-Hardenberg vervaardig en versprei.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy